On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

'Wanpersepsie bestaan oor uitvoer van diere per skip'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 17 Jul 2020

'Wanpersepsie bestaan oor uitvoer van diere per skip' | News Article

Agri Noord-Kaap en die Rooivleisprodusente-organisasie in dié provinsie het sy posisie en standpunt rondom die uitvoer van diere per skip na die buiteland vir slagdoeleindes duidelik beklemtoon.


Agri Noord-Kaap se pres. Nicol Jansen sê in 'n video-opname daar is 'n wanpersepsie met betrekking tot dié situasie. Daarmee saam sê Johan van der Colff, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in dié provinsie, dié organisasie is geensins gekant teen die uitvoer van lewende diere per skip nie. Dit plaas geld in plaaslike produsente se sakke. Hier is van der Colff...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié diere moet egter met die nodige sorg hanteer word en daar moet na hulle welsyn omgesien word. Dit is juis daarom dat die Rooivleisforum betrokke geraak het by die hofgeding tussen die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings en die uitvoermaatskappy wat skape per skip, die Al Messilah,  vir slagdoeleindes na die Midde-Ooste uitvoer. Die dierebeskermingsvereniging eis dat 'n algehele verbod op die uitvoer van diere geplaas word. 

Dit kom nadat die DBV  aansoek gedoen het om 'n interdik teen Al Mawashi en die Livestock Transport and Trading Company  (KLTT)  van Koeweit. Die verhoor sou oorspronklik op 16 Julie 2020 begin, maar is  na 6 Augustus vanjaar uitgestel nadat  Al Mawashi en KLTT se regsverteenwoordigers versoek het dat 'n ander regter die geding aanhoor.

Die Hooggeregshof in Grahamstad het op 9 Junie vanjaar op 'n dringende grondslag ten gunste van die DBV beslis en 'n tussentydse interdik toegestaan waarin Al Mawashi en KLTT geen skape per see uit Suid-Afrika mag uitvoer nie, totdat die verhoor op 16 Julie 2020 in aangehoor sou word.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.