Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 20 Jul 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër gesluit vir die dag.
Die verwagting in die mark is die Brasiliaanse mielieproduksie vir die 2020/21-seisoen gaan 'n nuwe rekord van 116 miljoen ton bereik.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R40 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 561 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30 per ton hoër verhandel om teen R2 641 per ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel, nadat daar weer groot uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer is.
Die verwagting in die mark is dat die Brasiliaanse sojaboonproduksie vir die 2020/21-seisoen ongeveer 131 miljoen ton behoort te wees. Dit sal 'n nuwe rekord in produksie wees.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R44 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 784 per ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
In Frankryk vorder die stroopproses van koring goed met 47% van die koring wat reeds gestroop is.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R96 per ton hoër verhandel om teen R5 796 per ton te sluit.
OFM-nuus
