On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

VKB, GWK ondersoek moontlike vennootskap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 21 Jul 2020

VKB, GWK ondersoek moontlike vennootskap | News Article

Konsolidasie vind plaas in die landboubedryf en in dié stadium is primêre sowel as sekondêre landbou se marges onder druk.


Oorhoofse kostestrukture moet verklein word, sodat produsente op plase kan voortgaan. Landboubesighede moet ook hul kant bring om hul oorhoofse kostes so laag as moontlik te hou. So sê die VKB-groep se besturende direkteur, Koos Janse van Rensburg, wat meen dít is van die redes wat daartoe bygedra het dat die bal nou aan die rol is ten opsigte van die moontlike vorming van 'n vennootskap tussen VKB met sy hoofkantoor in Reitz in die Vrystaat, en GWK met sy hoofkantoor in Douglas in die Noord-Kaap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié twee maatskappye se onderskeie direksies het die groen lig gegee vir samesprekings om te begin oor die moontlike vorming van 'n vennootskap en as daar na dié twee maatskappye gekyk word, is dit albei "goeie besighede" wat op hul eie kan voortbestaan, maar heel waarskynlik beter daaraan toe sal wees as hulle sekere funksies saamvoeg. 

Hy sê die moontlike vorming van 'n vennootskap is egter in 'n vroeë stadium met slegs die twee landboumaatskappye se direksies wat toestemming gegee het om die moontlikheid te ondersoek. 

Janse van Rensburg sê vanjaar was een van die mees uitdagende jare, heel moontlik in enige besigheid se bestaan. Die Covid-19-pandemie hou almal nederig en VKB is dankbaar dat die landboubedryf kan voortgaan met kosproduksie sedert die aanvang van die inperkingstydperk. 

Hy sê dit gaan in die stadium goed by VKB en daar is min klagtes, veral met die vooruitsigte van 'n bogemiddelde somergraanoes wat ingesamel word. Die insameling van dié oes is egter stadiger, omdat die mielies stadiger afdroog as gewoonlik, maar dit is 'n goeie teken wat daarop dui dat mielies ryp geword het en nie noodwendig doodgeryp het nie. Die VKB-groep sien uit na die res van die jaar.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.