On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 22 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die weeklikse mielieproduksietoestande in Amerika is op 69% van goed tot uitstekend en dit is onveranderd gelaat  vanaf die vorige week se skatting.

Die weeklikse produksietoestande van 69% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 57% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R11 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 541 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14 per ton laer verhandel om teen R2 623 per ton te sluit.


Sojabone:

Die weeklikse sojaboon-produksietoestande in Amerika word op 69% van goed tot uitstekend geskat, wat 1% beter is as die vorige week se skatting.

Die weeklikse produksietoestande van 69% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 54% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R15 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 845 per ton te sluit.

Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 74% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is 1% minder as die vyf jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tydperk van die vorige seisoen.

Die Amerikaanse lentekoring produksietoestande vir die week word op 68% van goed tot uitstekend geskat, wat onveranderd is vanaf die vorige week se skatting.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R50 per ton hoër verhandel om teen R6 050 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.