On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Herroeping van droogte as 'n ramp wek talle vrae

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Wed, 22 Jul 2020

Herroeping van droogte as 'n ramp wek talle vrae | News Article

TLU SA bevraagteken die regering se nasionale rampbestuursentrum se besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep. Verskeie landbou-organisasies het hulle sterk daarteen uitgespreek.


TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, wil weet waarop die regering sy besluit geskoei het, terwyl daar nog talle gebiede in die land is wat deur droogtetoestande geraak word. Hy sê tydens dié ramptydperk het kommersiële boere geen hulp ontvang nie. Dít terwyl die regering nou alles in die stryd moet werp om dié kosprodusente in produksie te hou. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar moet na die regering se besluit gelet word in terme van die beginsel en die praktyk daarvan. Die regering het sy oordeel gefel op grond van droogtetoestande wat nie meer 'n impak op die land het nie, terwyl daar nog talle gebiede is waar die droogte 'n stewige greep het. 

In praktyk het veral kommersiële boere in die ramptydperk - waarvan die herroeping van droogte as 'n nasionale ramp deur die rambestuursentrum in die Staatskoerant gepubliseer is - nog geen hulp ontvang nie. Hulle moes staat maak op hulp van die private sektor. Hy sê die hulp wat wel ontvang is, wat aan die Covid-19-pandemie gekoppel is, was net vir boere wat slegs 1,9% van die land se kos produseer.  Boere wat verantwoordelik is vir die land se grootste produksie van kos het nie "'n sent hulp ontvang nie." In dié verband moet dit ook in ag geneem word dat kommersiële boere kos voorsien, terwyl 68% van die land se mense verstedelik het.  Volgens Van Zyl is die hele kwessie rondom droogtehulp vanaf die regering "lippediens" wat nie in die praktyk realiseer nie.

Hy meen die regering is onverantwoordelik met sy hantering van droogtehulp en dié optrede is geensins in belang van Suid-Afrika en voedselsekerheid nie. Die Covid-19-pandemie moes die regering geleer het dat hy seker moet maak dat hy alles in sy vermoë doen om kosproduserende produsente in produksie te hou. Dié boere s een van die grootste stabiliserende faktore in die land,  maar die regering draai sy rug op hulle.

Volgens Van Zyl is dit hartseer dat al die hulp wat boere ontvang, vanaf die private sektor is. TLU SA dra daartoe by met sy Traumafonds, waar hulp ook aan boere in droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap verleen word. Dié geld , wat geskenk word aan TLU SA se fonds, word egter gebruik om aan landbougemeenskappe kos op die tafel te sit. Hy sê dié fonds het nie die vermoë om hulp te verleen aan boere vir hul veekuddes nie. 

Hy meen die dilemma is die regering kan nou aangevat word om sy verpligtinge na te kom in terme van droogtehulp, maar die vraag ontstaan waarmee gaan die regering dié verpligtinge nakom. Geld wat nie aangewend is nie is reeds uit die staatskas deur korrupsie en diefstal geplunder. Daarmee sê Van Zyl die staat het nie die nodige vermoë en middele om sy verpligting voldoende na te kom nie.

Dit kom daarop neer dat die ANC-regering se hantering van dié kwessie die land in 'n moeilike posisie plaas en dit is sleg vir die pad vorentoe. 

TLU SA se traumafonds is 'n Artikel 18 A-maatskappy en diegene wat skenkings maak, kan 'n belastingsertifikaat aanvra. Van Zyl sê elke sent wat ontvang word, gaan direk aan droogtehulp. Daar is geen administratiewe fooi nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.