On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 23 Jul 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.



Sien onderstaande PODCAST


Hy praat oor die impak van die uitgerekte droogte in sekere dele van die land wat teen die voortydige opheffing van die noodtoestand van droogte skrei. Dit laat talle vrae onbeantwoord. Amptelike kommentaar van die betrokke departement vergelyk met die veraf gedreun van die weer, maar met die wind wat wes waai, weet die boer dis neusie verby wat daardie weer aanbetref. Daar was voldoende en selfs oorvloedige reën in groot dele van die land, maar kritiek min in baie dele. 

Daar word berig van 'n plaas in die Kalahari met slegs 6mm reën in die meter aan die einde van die seisoen gehad het, maar dié werklikheid kan nie vertaal word in ‘n taal wat saak maak vir die lydendes nie.  Die eerste vraag wat opkom, is of daar werklik erns was met die afkondiging van die noodtoestand.  

Die opvolgvraag het te doen met die omvang van die hulp wat aangebied is en dan kom 'n mens by die kommer oor waar die min geld heen is as die restant van nood dan eintlik onberekenbaar bly. 

‘n Verdere vraag is of die betrokke amptenare regtig op hoogte is van sake? Dit klink nie so nie, want hoekom is daar nie agitasie vanuit staatsgeledere, van amptenare wat die betrokke boere in die oë moet kyk wanneer daar aangeklop word om hulp nie. 

Dit word daarmee onmoontlik om daardie boere te laat bly glo dat hulle onmisbaar is. Hulle wat nou bakhand moet staan weens omstandighede buite hul beheer, sou soos ander mense oop harte en hande gehad het om onvoorwaardelik te gee vir noodverligting te midde van die Covid-19-pandemie. 

Verdere verwarring word geskep met beweerde wegwys van noodbestemde geld om ander sosiaal maatskaplike gate toe te stop, wat die gevolg is van die pandemie, maar waar daar ook duidelike bewyse is van verspilling voor dié pandemie, sê Laubscher.  Dit kom daarop neer dat die hand wat voed, gebyt word omdat die belang van die landboubedryf lippediens kan wees en as vanselfsprekend aanvaar word. 

Dit moet egter ‘n groter kwelling wees, oor of die regering werklik verstaan wat die nuwe normaal kan wees as dit kom by gedifferensieërde ondersteuning aan sektore wat ekonomieë kan omdraai. Dit is ‘n onbetwisbare feit dat die landbou dié ekonomiese steunpilaar in enige ekonomiese heropbouprogram sal wees, maar as dié vermoë nie behoorlik gehefboom word nie, sal die dwarslat afgespring word.  

Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM. 


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.