On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 23 Jul 2020

Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê die prys wat behaal is vir diere op veilings het stabiel gebly. Slagbulle het 'n goeie styging in die prys getoon van R21,75 verlede week, na meer as R22. Stoorlammers het ook 'n goeie styging getoon. 

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veiings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R33,10 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R32,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,05 per kg verkoop. 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - Geen 

B-klas beeste      - R21,51 per kg

C-klas vet koeie  - R19,50 per kg

Maer koeie          - R15,00 na R17,50 per kg

Slagbulle              - R22,33

Skape:

Stoorlammers      - R50,10 per kg

Slaglammers        - R38,19

Stoorskape           - R28,57 per kg

Vetskape               - R28,55 per kg

Bokke:

Lammers              - R43,30 per kg

Ooie                      - R30,40 per kg

 

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



 





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.