On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 24 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die weertoestande in Amerika is steeds 'n belangrike fokuspunt in die Amerikaanse mieliemark en die markdeelnemers hou die verwikkelinge in terme van die Amerikaanse weertoestande fyn dop.

Die verwagting in Amerika is dat die weeklikse uitvoerverkope meer behoort te wees as die vorige week se uitvoerverkope.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies, hoewel die mark nie groot prysbewegings getoon het nie.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020, R40 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 585 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R44 per ton hoër verhandel om teen R2 655 per ton te sluit.


Sojabone:

Privaat uitvoerders het sojaboonuitvoerverkope van ongeveer 212 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Die bestemming van lewering is onbekend.

Die fokus in die Amerikaanse mark begin verskuif na die Chinese sojaboonaankope met China wat nou meer afhanklik sal begin raak van Amerikaanse sojabone om aan hul vraag na invoer te voldoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R63 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 875 per ton te sluit.


Koring:

Met die bestaande tempo van Amerikaanse uitvoer is die verwagting dat die Amerikaanse koringuitvoer gelykstaande sal wees aan die Amerikaanse Departement van Landbou se skatting vir die seisoen.  

China is tans ook 'n aktiewe koper van Amerikaanse koring.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met die Julie-kontrak wat ondersteuning gevind het, terwyl die verdere maandkontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R11 per ton laer verhandel om teen R4 800 per ton te sluit.

 

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.