On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 28 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind met optimisme van China se sterker koopkrag in die internasionale mark.

In  Amerika is die mieliemark in die proses om in die bestuiwingsfase in te gaan, wat 'n kritieke tyd is vir weerstoestande.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020, R9 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 622 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R9 per ton hoër verhandel om teen R2 723 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark vind steeds ondersteuning by die sterker vraag na Amerikaanse sojabone.

Die sojaboonolie in die internasionale konteks verhandel sterker en word ondersteun deur die sterker palmolie mark.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R51 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 975 per ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark word ondersteun deur die swakker Amerikaanse Dollar.  

In die Swartsee-streek het die koringpryse ondersteuning gevind met die opbrengste in Rusland en die Oekraïne wat effens laer is as wat aanvanklik verwag is. 

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met die naby-maand-kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verder-maand-kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R31per ton laer verhandel om teen R4 795 per ton te sluit. 


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.