On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Plaaslike graanprys onder druk weens wêreldwye oorskot

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 28 Jul 2020

 Plaaslike graanprys onder druk weens wêreldwye oorskot | News Article

'n Oorskot van graanvoorraad in die wêreld is nie goed vir die plaaslike bedryf nie.


Dr. Dirk Strydom van Graan SA (GSA) meen as die groot Suid-Afrikaanse graanoes wat dié seisoen verwag word, met 2017 se oes vergelyk word is dit nie op dieselfde vlak nie. Dit word aan toenemende verbruiksyfers toegeskryf.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

Sien onderstaande PODCAST

Die vorige jaar was daar 'n rekord verbruiksyfer gewees en vanjaar lyk dié syfer ook goed.  Daarmee saam is Suid-Afrika se uitvoer na Afrika goed en dit ondersteun pryse. Die baie koringvoorraad  wat in die wêreld beskikbaar is plaas dus druk op die hele plaaslike geldelike sisteem en op marges, omdat SA se pryse afhang van wat in die internasionale mark plaasvind. Dit is die situasie, omdat Suid-Afrika meeding in die internasionale mark en dit kom daarop neer dat plaaslike pryse onder druk is. 

Strydom sê in die afgelope vier tot vyf jaar se siklus van hoë voorraad in die sisteem is die marge in die graanbedryf knap gehou en daar was min ruimte vir herstel gewees. Daar sal 'n regstelling in die internasionale mark moet wees in terme van voorrade.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.