On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering gee nie om vir grondbodem se bewaring - #AgriNK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 28 Jul 2020

Regering gee nie om vir grondbodem se bewaring - #AgriNK  | News Article
FOTO: Agri Noord-Kaap

Die regering se besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep het baie kritiek uit landbougeledere ontlok.


Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê dit is onverantwoordelik van die regering en kom daarop neer dat die staat nie die bewaring van die grondbodem in ag neem nie. Hy sê dit is daarom belangrik om na die oorsprong van 'n rampverklaring en droogtehulp te let. 

Hier is Jansen...

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê die oorsprong van droogtehulp kom al baie jare. Dit behels dat landbouvoorligters in 'n streek bepaal het dat weidingstoestande agteruitgaan en dat die grondbodem beskerm moet word.  'n Ramp is dan verklaar in 'n streek wat later dan kon eskaleer tot 'n nasionale ramp. Die doel daarvan was wanneer 'n ramp verklaar word, is die grondeienaar verplig om sy vee te verminder in 'n poging om die grondbodem, wat 'n nasionale bate is, te beskerm. Dít is noodsaaklik vir voorgesette produksie. Die grondeienaar is dan vergoed met droogtehulp, omdat veekuddes verminder is volgens die voorskrifte en boere se produksievermoë het daarvolgens drasties verklein.  Jansen sê dít in 'n neutedop is die oorsprong van droogtehulp.

Die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die droogte as 'n nasionale ramp op te hef toon dan dat hy hom nie steur aan die grondbodem en boere se produksievermoë wat onder druk is nie.  Jansen meen die regering is arrogant ten opsigte van die beskerming van die grondbodem, wat langtermyn voordele inhou as dit bewaar word.  

Die opheffing van die droogte as 'n ramp het ook talle bestaande voordele, indien 'n ramp verklaar is, ongeldig gemaak. In ramptoestande kan produsente by hul plaaslike munisipaliteite gaan beding om vanweë die rampverklaring tydelike verligting te kry in terme van die betaling van beslasting, omdat 'n boer nie die geldelike vermoë het om dit te betaal nie. Produsente in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is ook daarvan ontneem.

Hy meen die Suid-Afrikaanse regering trek nou 'n streep deur die definisie van 'n ramp, omdat klimaatsverandering nou deel word van dié kriteria. Dit is die rede wat die regering vir dié opheffing aangevoer het.  Jansen sê 'n besluit van dié aard moet konsekwent toegepas word en daar moet gekyk word wat die moontlikheid is dat klimaatsverandering 'n uitwerking kan hê op dié ramp. Daarom wil Jansen weet hoeveel rampe kan ontstaan met baie navorsers en wetenskaplikes wat van mening is dat klimaatsverandering 'n rol speel.   Klimaatsverandering kan 'n uitwerking op weerpatrone hê, maar daar is nog nie duidelike bewyse oor wat die presiese gevolg en die oorsaak gaan wees nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.