Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 29 Jul 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die weeklikse mielieproduksietoestande in die VSA word op 72% goed tot uitstekend geskat, wat beter is as die vorige week se skatting van 69% goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 72% goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 58% goed tot uitstekend teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel met die witmieliemark wat ondersteuning gevind het, terwyl die geelmieliemark onder druk gekom het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R10/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 624/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R13/ton laer verhandel om teen R2 703/ton te sluit.
Sojabone:
Die weeklikse sojaboon produksietoestande in die VSA word op 72% goed tot uitstekend geskat wat beter is as die vorige week se skatting van 69% goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 72% goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 54% goed tot uitstekend gedurende dieselfde tyd van die seisoen
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R58/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 890/ton te sluit.
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 81% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is 1% minder as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.
Koring:
Die Amerikaanse lentekoring produksietoestande vir die week word op 70% goed tot uitstekend geskat, wat beter is as die vorige week se skatting van 68% goed tot uitstekend.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R14/ton hoër verhandel om teen R4 810/ton te sluit.
