On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

AfriForum vra oor Hartswater-polisie se trae optrede ná aanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 29 Jul 2020

AfriForum vra oor Hartswater-polisie se trae optrede ná aanval | News Article

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, se Hartswater- en Vrybrug-buurtwagte het die polisie en ander gemeenskapsveiligheidstrukture Maandagaand ondersteun in 'n soektog na Danie Brand, sy vrou, Breggie, en hul dogter Elzabie.


Hulle is  Sondag op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied by Hartswater in die Noord-Kaap aangeval en ontvoer. Hoewel daar eers Maandag op die moordtoneel afgekom is, dui alles daarop dat dié aanval reeds Sondag plaasgevind het.  In 'n verklaring sê AfriForum sy Hartswater-buurtwag het Maandag omstreeks 23:00 'n verdagte voertuig op die pad opgemerk en dit by die nasionale beheeerkamer aangemeld. Die polisie het vasgestel die nommerplate van die  voertuig is vervals. Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, het die ligging van een van die slagoffers daarna uitgewys. 'n Hommeltuig is deur die Vryburg-buurtwag gebruik om met die soektog te help. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Dinsdagoggend vroeg met Marius Muller, AfriForum se nasionale operasionele koördineerder gepraat, wat in daardie stadium slegs kon bevestig dat 'n liggaam van een van die slagoffers gevind is...


Sien onderstaande PODCAST


In daardie stadium het Muller gesê die polisie moet bevestig of die liggaam wat gekry is, dié van Brand-egpaar se dogter, Elzabie, is. Teen Dinsdagoggend het Muller gesê inligting is steeds vaag oor wat Sondag op die kleinhoewe plaasgevind het. Die Brand-gesinslede was nog teen 12:00 die middag aktief op hul selfone gewees, waarna familielede nie met hulle verder in verbinding kon tree nie. Volgens hom was die huis nie gesluit nie en daar was bloed in die huis gewees. Twee motors wat aan dié gesin behoort, was ook nie op die toneel nie. Daarna is een van die motors verlate naby Taung in Noordwes gekry.  Nog 'n beweerde gesteelde motor is ook gewaar en voorgekeer. In daardie stadium is vier verdagtes volgens hom aangekeer.

Muller sê antwoorde word nou op nasionale vlak by die polisie  gesoek oor die polisie in Hartswater se trae optrede. Volgens hom was hulle wel bewus dat daar Sondag 'n aanval op 'n kleinhoewe in die gebied was. Die Hartswater polisie het wel bevestig 'n aanval het plaasgevind en dat dit reeds Sondag gebeur het. Hy sê toe AfriForum Maandag navraag begin doen het nadat sosiale media boodskappe oor die vermiste gesinslede versprei is, het die Hartswater-polisie dit bevestig. Hulle het volgens hom kennis gedra van 'n moontlike aanval maar tot en met Maandagmiddag 17:00 is absoluut niks daaraan gedoen nie. Daar was nie 'n ondersoek gewees deur dié betrokke polisiekantoor nie. Hy sê daar was geen kommunikasie vanaf die Hartswater-polisiekantoor na nasionale polisiestrukture nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.