On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 30 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark verhandel meestal sywaarts met beter produksieverwagtinge wat die mark redelik onder druk hou.

Die verwagting is dat die Amerikaanse etanolproduksie weer hierdie week laer behoort te wees, nadat dit in die vorige weke toegeneem het.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R23 per ton hoër verhandel om teen R2 643 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R11 per ton hoër verhandel om teen R2 714 per ton te sluit.


Sojabone:

In Amerika is die produksietoestande gunstig en die opbrengsverwagtinge positief wat die Amerikaanse mark onder druk hou.

In die wêreldmark is die vraag na oliesade besig om toe te neem, wat die prys van produkte in die oliesaad kompleks ondersteun.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R14 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 905 per ton te sluit.

Die wêreld koringmark word ondersteun deur die laer produksieverwagtinge in die Europese Unie ( EU).


Koring:

In Australië is die produksieverwagtinge vir die seisoen goed, en die verwagting is dat dit die tweede grootste koringoes behoort te wees sedert die 2016/17-seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R4 per ton hoër verhandel om teen R4 810 per ton te sluit.

 

 OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.