On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Beeste behaal goeie prys op veilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 30 Jul 2020

Beeste behaal goeie prys op veilings | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê produsente se harte gaan uit na medeboere, wat onder die verval van die land se wet en orde swaarkry, maar 'n ligpunt is veilingspryse wat in die stadium sterk is. Daar is 'n styging in die prys van beeste. Die prys van stoorlammers het 'n afname getoon teenoor verlede week se prys van R50,10, wat per kg vir lewende lammers behaal is.    

Volgens hom het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R34,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R32,43 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,02 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - R26,22 per kg

B-klas beeste      - R22,27 per kg

C-klas vet koeie  - R20,07 per kg

Maer koeie          - R17,79 per kg

Slagbulle              - R22,37 per kg

Skape

Stoorlammers      - R45,00 per kg

Slaglammers        - R41,00 per kg

Stoorskape           - R28,59 per  kg

Vetskape               - R31,27 per  kg

Bokke

Lammers              - R44,66 per kg

Ooie                      - R33,44 per kg

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



 



LINK: Van veilingspryse vir vee na ekonomiese kwessies...



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.