On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Noord-Kaap en polisie fokus op knelpunte rakende misdaad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Thu, 30 Jul 2020

Agri Noord-Kaap en polisie fokus op knelpunte rakende misdaad | News Article

Agri Noord-Kaap bied 'n gevestigde landelike beveiligingstruktuur in samewerking met die polisie, en gemeenskappe se betrokkenheid word aangemoedig.


Daarmee saam is enige aanval op 'n plaas of 'n kleinhoewe, asook misdaad in die algemeen in dié provinsie, 'n bron van kommer. Dit is veral as daar lewensverlies is ongeag die rassegroep wat daaronder lei. Dit is volgens Joe Scholtz, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid, nadat 'n egpaar wat al vir jare betrokke is by die plaaslike landbougemeenskap, Danie en Elzabie Brand, en hul dogter Elzabie, op 'n kleinhoewe naby Hartswater aangeval, ontvoer en vermoor is. Die gesinslede was sedert Sondag vermis en 'n bekommerde familielid het Maandag onraad vermoed en gevra dat iemand ondersoek op die kleinhoewe gaan instel. Gemeenskapsveiligheidstrukture en die polisie het vinnig daarna 'n soektog van stapel gestuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Scholtz sê daar is goeie samewerking tussen die polisie en georganiseerde landbou en 'n vergadering het vandeesweek plaasgevind met die polisie op nasionale sowel as provinsiale vlak. Knelpunte in terme van misdaad is uitgewys en daar sal in die komende ses weke ernstig aandag aan dié punte geskenk word. Dit sal geskied in samewerking met die polisie in 'n poging om die totale misdaadsituasie in Suid-Afrika te verbeter. Aanvalle op plase en kleinhoewes is bespreek, terwyl die polisie se landelike veiligheidstrategie ook uitgelig is. Georganiseerde landbou was baie betrokke met die opstel van dié plan. 

Scholtz sê die reserviste-beleid is ook bespreek en hoe dit in praktyk ingestel kan word. Dit is baie maklik om kwessies en planne in dokumente te vervat, maar die uitvoering daarvan moet geskied en dit is in dié stadium 'n uitdaging, omdat dit nie  altyd haalbaar is nie.  Die verbetering van veiligheidstrukture in landelike gebiede is ook op die lys en dit is hoekom Agri Noord-Kaap die  afgelope twee jaar nou saamwerk met die sekuriteitsmaatskappye, Fidility en ADT. Dié maatskappye verskaf bykomende dienste ten opsigte van die beveiliging van gemeenskappe. 

Scholtz beklemtoon weer dat mense paraat moet wees. Hulle moet hul plase en huise daarop beveilig.  Daarmee saam is dit ook vir Agri Noord-Kaap belangrik dat daar na die veiligheid van werknemers omgesien moet word.  Hulle word ook geteiken deur booswigte. Agri Noord-Kaap "veg" vir die totale landelike gemeenskap se veiligheid, sê Scholtz. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.