On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   01:15 Fri, 31 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het marginaal hoër gesluit vir die dag.

Private uitvoerders het gister uitvoerverkope van ongeveer 1.93 miljoen ton aan die Amerikaanse landboudepartement gerapporteer. Dit is vir lewering aan China in die 2020/21-seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R38/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 655/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R32/ton hoër verhandel om teen R2 740/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag, nadat goeie uitvoerverkope gerapporteer is.

Die weeklikse uitvoerverskepings was 44% hoër as 'n week gelede en 42% hoër as die afgelope vier weke se gemiddeld.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R123/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 029/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal laer gesluit vir die dag.  

Die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week was 10% meer as die vorige week se uitvoer en 30% meer as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R43/ton hoër verhandel om teen R4 850/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.