On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Hartswater-gemeenskap steeds geskok oor Brand-moorde

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 01:22 Fri, 31 Jul 2020

 Hartswater-gemeenskap steeds geskok oor Brand-moorde | News Article

Die Noord-Kaapse landbougemeenskap is steeds geskok oor die wrede aanval en moorde op 'n bejaarde egpaar, Danie Brand, sy vrou Breggie, en hul dogter Elzabie.


Die gesinslede, wat Sondag voor 12:00 nog  op hul selfone in hul huis op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied beskikbaar was, is daarna  deur hul aanvallers ontvoer.  Die vermoorde gesinslede se liggame is Maandag in die Taung-gebied in Noordwes gevind. Willem Lauwrens, 'n boer van die Vaalhartsbesproeiingskema in die Noord-Kaap,  sê  die landbougemeenskap kan nie glo wat in hul midde gebeur het nie. Lauwrens het Donderdag in Hartswater die protesaksie deur die plaaslike gemeenskap, wat boere en plaaswerkers ingesluit het, bygewoon.

Gemeenskapslede het vreedsaam buite die plaaslike landdroshof  saamgetrek om hul misnoeë uit te spreek teen dié aanval. Die gemeenksap  het ook geëis dat borgtog nie aan die vyf verdagtes,  waaronder 'n vrou, toegestaan moet word nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Lauwrens gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê 'n groot getal mense het ter ondersteuning van die protesaksie opgedaag. Die gemeenskap is platgeslaan en geskok oor die voorval, maar " dinge moet loop soos dit moet loop." Lauwrens sê  boere is ongelukkig oor dié dinge en dat daar nie genoeg gedoen  word vir hulle in terme van veiligheid nie.

Hy sê plaaswerkers was ook deel van die konvooi wat na die landdroshof gery het en buite die hof byeen was.  Sy boodskap aan medeboere is om meer paraat te wees, want  gemeenskapsveiligheid moet opgeskerp word om aanvalle op plase en kleinhoewes te voorkom.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.