On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 04 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Optimisme het Maandag in die Amerikaanse markte ontstaan weens ‘n toename in die vraag na uitvoer aan China, wat  aan die mielieprys ondersteuning gebied het.

Die maandelikse verbruik van mielies vir etanol word vanmiddag vanaf die Amerikaanse departement van landbo, verwag. Dit  sal waarskynlik 'n voortgesette terugslag in etanolproduksie toon ná die verminderde brandstofvraag te midde van die Covid-19-pandemie.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R89 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 790 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R85 per ton hoër verhandel om teen R2 859 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonprys het Maandag ondersteuning gevind in die sterk vraag na sojaolie vir biodiesel oor die wêreld heen en het sterker verhandel vir die dag.

Die vooruitsigte vir palmolie lyk gunstig, veral omdat Indonesië beplan om palmolieverbruik vir biodieselmengsel te verhoog. Teen Julie 2021 sal Indonesië die vermenging van palmolie met biodiesel tot 40% verhoog in 'n poging om energie-invoer te verminder.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in al die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R150 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 276 per ton te sluit.


Koring:

Russiese koringpryse het Maandagoggend gedaal, nadat die landboukonsultant, IKAR, die 2020 produksieskattings verhoog het ná gunstige oesopbrengste in die land se sentrale streek. Die stygende Russiese koringopbrengs het Maandagoggend die vooruitsigte vir wêreldvoorrade verhoog en pryse in die Amerikaanse koringmark laat daal.

Die gedempte vraag weens die Covid-19-pandemie weeg ook meer op die internasionale koringprys.

Die plaaslike koringmark het Maandag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het, vir lewering in Desember 2020, R47 per ton hoër verhandel om teen R4 910 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.