On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaatse landboubegrotingsrede: Fokus moet op veiligheid val, sê DA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 04 Aug 2020

Vrystaatse landboubegrotingsrede: Fokus moet op veiligheid val, sê DA | News Article

Die DA in die Vrystaat beskou die LUR van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, se erkenning dat misdaad in landelike gebiede 'n ernstige probleem is, as 'n ligpunt.


DA-LPW en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, sê Bulwane se erkenning daarvan is van groot belang, maar dit moet nie slegs by praat bly nie. Hulpbronne moet in dié verband in die Vrystaat beskikbaar gestel word.  Bulwane het sy begroting van R712 miljoen verlede week virtueel in die wetgewer gelewer waarna die begrotingsdebat gevolg het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Bulwane moet ook sy kollegas op nasionale vlak raadpleeg oor die situasie rondom onveilige toestande in landelike gebiede. Die regering moet nou dringend sy nasionale landelike beveiligingsplan in werking stel, ook in die Vrystaat.  Jankielsohn sê hy het dit in die begrotingsdebat aan Bulwane gestel, en die DA soek nou antwoorde rondom dit.


Die DA se veiligheidsplan

Met die afskaffing van die kommandostelsel destyds het die DA  'n nuwe plattelandse beleid opgestel. Dít is ook as 'n alternatiewe plan aangebied. Dié beleid is onlangs opgedateer en dien as 'n alternatief tot dié regering se plan. Hy sê die DA se plan word ook in die  Wes-Kaap toegepas en sluit nuwe maatreëls in soos die gebruik van tegnologie. Kamerastelsels word hierby ingesluit. Volgens hom het die DA, onder leiding van Dianne Kohler Barnard, 'n LP en skaduminister van staatsveiligheid van die DA, 'n nasionale groep gestig wat aanvalle op plase en kleinhoewes oor die land heen monitor.  Daar is ook verteenwoordigers in elke provinsie.  Vordering met hofverskynings en of verdagtes wel voor stok gekry word, word gemonitor. Inligting word ook bekom om in die Parlement te gebruik. Jankielsohn sê  Kohler Barnard het ook gevra dat daar 'n debat in die Parlement gevoer word rondom plaasaanvalle,  en dit is nou goedgekeur.  Aandag sal nou meer gevestig kan word op dié aanvalle. Die DA het ook gevra dat plaasaanvalle geklassifiseer word as 'n haatmisdaad.  Hy sê daar is baie inisiatiewe van stapel gestuur deur dié party en inligting  asook hoe om betrokke te raak is op die DA se  #StopFarmAttacks-webtuistes beskikbaar. Gaan na stopplaasaanvalle.co.za of stopfarmattacks.co.za vir meer inligting.


Begrotingsdebat vir landbou in die Vrystaat

Jankielsohn sê meer kwessies wat deur die DA in dié debat uitgelig is sluit onder meer in die gebrek aan ondersteuning aan kommersiële boere.  Opkomende en bestaansboere kry 'n groot sny van die begrotingskoek, maar  kommersiële boere kry min ondersteuning van die provinsiale sowel as die nasionale regering.

Dié boere het geen hulp ten opsigte van droogte van die regering in die Vrystaat ontvang nie. Daar is ook geen  ondersteuning van die regering in terme van veldbrande nie. 

Die DA het ook aan Bulwane uitgelig dat die mense wat 'n groot bydrae lewer tot voedselsekerheid in Suid-Afrika, nie ondersteun word nie.   Onteiening van eiendom  sonder vergoeding is ook 'n kwessie waarop gelet moet word. Hy sê dit is belangrik dat die regering besef boerdery gaan nie slegs oor grond nie.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.