On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:39 Wed, 05 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf


Mielies:

Mielietermynkontrakte in September het gisteroggend laer in die VSA verhandel nadat gunstige toestande vir gewasontwikkeling in gister se Crop Progress-verslag aangemeld is deur die USDA.

Bestuiwing het volgens die Crop Progress-verslag gister nader aan voltooid beweeg in die VSA, met 92% mielies wat op 2 Augustus die bestuiwingsfase bereik het. Gematigde temperature het verlede week bygedra tot die rypwording oor die Corn Belt, aangesien 39% van die mielies teen Sondag die deegstadium bereik het en met 17% gestyg het teenoor die vorige week.

Die plaaslike mieliemark het Dinsdag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R9/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 787/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R11/ton laer verhandel om teen R2 849/ton te sluit.


Sojabone:

Gunstige gewasontwikkeling wat in gister se Crop Progress-verslag aangemeld is, dui op die hoë opbrengste in 2020 bo-op die reeds hoë Amerikaanse sojavoorraad en 'n laer as verwagte volume soja is gepers in Junie 2020.

Sojaboon-termynkontrakte in September het laer verhandel in die VSA. Die pryse van sojaboonmeel in September volg ook laer terwyl sojaboon-olie-termynkontrakte die mededingende palmolie hoër gevolg het in Amerika.

Die plaaslike sojaboonmark het Dinsdag gemeng verhandel.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R1/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 275/ton te sluit.


Koring:

Die koringpryse in Amerika het ‘n tweede agtereenvolgende sessie laer geopen, met verliese, aangesien hoër opbrengskoerse vanuit Rusland en Australië groot wêreldvoorrade veroorsaak.

Die gradering van lentekoring het met 3% verbeter gedurende die week ná gunstige groeitoestande en eindig die verslagweek van 27 Julie - 2 Augustus op 73% in ‘n goed tot uitstekende toestand.

Die plaaslike koringmark het Dinsdag wisselvallig verhandel en  sywaarts gesluit in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R3/ton hoër verhandel om teen R4 905/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.