On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Tabakbedryf se oorlewingstryd - regering bly kop skud

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:44 Wed, 05 Aug 2020

Tabakbedryf se oorlewingstryd - regering bly kop skud | News Article

Die tabakbedryf van produsente, tot verwerkers en verspreiders, word nou swaar geraak deur die regering se verbod op die verkoop van tabak.


Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg in Noordwes, sê dit gaan nie goed met dié bedryf nie, wat nou al vir baie langer as 16 weke agter slot en grendel is. Dít het daartoe bygedra dat die bedryf se kans op oorlewing skraal is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw oor die lot van produsente, verwerkers en verspreiders gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die bedryf wil nie met die regering in 'n hofstryd gewikkel wees nie, maar hulle het nou geen ander keuse nie. "Ons het as mede Suid-Afrikaners alles in die stryd gewerp om saam met ons regering te werk." Voorleggings is gelewer, impakstudies is gedoen en vergaderings is aangevra met die regering om uit te wys dat dié verbod sinneloos is, sê hy. Onwettige handel het nou toegeneem van 35% voor die nasionale Covid-19-grendelstaat na 100% van die mark wat nou onwettig is. Tabakverkope gaan onverstoord voort. Dit is daarom duidelik dat die verbod geen doel dien nie. Die regering verloor meer as R1,5 miljard per maand aan belasting en terwyl die wettige bedryf se hande afgekap is, gee die regering die tabakbedryf op 'n "goue skinkbord" aan die onwettige mark.  

Die onwettige mark betaal nie belasting nie en koop nie tabak by Suid-Afrikaanse boere aan nie. Die bedryf en talle betrokkenes het alles in die stryd gewerp, maar die regering is nie oop om hul standpunte in te sien nie. Die regering luister nie na boere, opkomende boere, en plaasarbeiders nie, terwyl daar 300 000 mense in die hele waardeketting is wat 'n bestaan maak uit die tabakbedryf. Hulle word nou negatief geraak.  

Volgens Van der Merwe, verkoop produsente in die stadium hul tabak en word daarvoor betaal  weens die goedgunstigheid van die binnelandse koper. Prosesseerders verwerk en verpak die tabak en verkoop dit dan aan maatskappye waarvan Batsa die grootste is.  Dit is egter daar waar die tabakvoorraad ophoop. Suid-Afrikaanse tabak word in Suid-Afrikaanse sigarette gebruik en is bestem vir die binnelandse mark, maar dit mag nou nie verkoop word nie.  Daarom staar boere in 'n loop van 'n geweer af, want waarheen gaan hulle tabak heen nadat dit by die verwerkers was en aan tabakmaatskappye verkoop word, wat nie daarmee mag handel dryf nie. Boere se vooruitsigte vir volgende jaar sien glad nie goed daarna uit nie en dit kan ook die geval word dat daar geen behoefte aan Suid-Afrikaanse tabak vir volgende jaar is nie. Daarmee saam belê  boere nou reeds in volgende jaar met die maak van nuwe plantjies in September, hulle is nou onseker. In die proses kan 8000 werkers op tabakplase en 30 000 afhanklikes dan geen heenkome hê nie.  


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.