On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:26 Thu, 06 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die mielieprys  het ondersteuning gevind in Amerika en het met 0.5% gestyg, maar “Bearish” fundamentele beginsels bly egter in plek, veral met die opbrengsverwagtinge in Amerika en ‘n moontlike rekordoes in die komende seisoen in Brasilië.

Die Brasiliaanse uitvoergroep ANEC,  sê die land se mielie-uitvoer in Augustus kan jaar-tot-jaar met 33% styg om 6,319 miljoen ton te bereik.

Die plaaslike mieliemark het Woensdag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel oor alle kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R16 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 768 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R22 per ton laer verhandel om teen R2 829 per ton te sluit.

Sojabone 

Die sojaboonprys het 'n soortgelyke beweging getoon as die mielieprys wat Woensdag se sessie in Amerika betref.

Gewasgehalte in Amerika is tans goed tot uitstekend, en dit dui op beter opbrengste hierdie herfs, so ook verwag Amerika se grootste mededinger, Brasilië, dié seisoen uitstekende opbrengste.

Die plaaslike sojaboonmark het Woensdag ook onder druk gekom en het die dag se verhandelinge oor alle kontrakmaande wat tans gelys is, laer gesluit.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R22 per ton laer verhandel vir die dag om teen R7 253 per ton te sluit.

Koring:

Die koringprys het die afgelope maand baie wisselvalligheid getoon, wat gister in Amerika 'n afwaartse draai begin maak het, op nuus van beter as verwagte produksie wat vanuit Rusland verwag is.

Frankryk se sagte koringoes in 2020 sal na verwagting byna 25% daal van 'n jaar gelede, tot 29 miljoen ton, gebaseer op beide totale hektare wat minder aangeplant is en laer opbrengste per hektaar wat verkry is. Die land se durumkoringproduksie sal na verwagting ook 25% daal, met die produksie van lentekoring 41% hoër.

Die plaaslike koringmark het Woensdag druk beleef en het afwaarts verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R13 per ton laer verhandel om teen R4 890 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.