On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:33 Thu, 06 Aug 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Laubscher praat oor biodiversiteit wat nou nog van groter belang is. Hy meen biodiversiteit is die sleutel tot die mens se bestaan. Dit sluit water, suurstof, vrugbare grond, klimaatsbeheer, medisyne en kos in,  soos die waarde van ontspanning en geestelike inspirasie. Hy meen in Suid-Afrika raak die mensdom dalk onverskillig en slaan nie ag op die rooi ligte wat biodiversiteit bedreig nie.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum spreek vervolgens sy besorgdheid uit oor biodiversiteit en ‘n aantal belangrike aspekte word uitgelig wat oorweging verdien. Dit sluit in die wyse hoe openbare en private sektore kan saamwerk om beter uitkomste daar te stel eerder as om te probeer mik na minder slegte uitkomste. Die klem gaan val op netto biodiversiteit se voordele. 

Meer moet teruggeplaas word as wat uitgehaal word en dit geld deur die bank vir alle betrokkenes.  Hy sê plaaslike openbare betrokkenheid moet teen hierdie doelwit gemeet word, waarna elkeen daaroor 'n besluit kan neem.

Beleidsbeluite kan ‘n vernietigende impak hê op biodiversiteit en die bestaande polemiek oor onwettige grondbesettings het as grondslag juis ten doel om grond wat waarde het, daarteen te beskerm. 

Natuurlik strek die oorsaak verder terug as nou, want die stroom na stede is nie net ‘n plaaslike probleem nie, maar die feit dat daar nog nie volhoubare oplossings is nie spreek die leemtes aan. Dit vergelyk met die tekortkomings in die gesondheidstelsels toe die Covid-19-pandemie die land getref het. Daar is geen verskoning vir die feit dat inter-regeringsvlakke nie saamwerk nie en mekaar blameer vir rou riool wat riviere besoedel. 

Laubscher meen een van die uitkomste van die geveg teen die pandemie is om terug te keer na die basiese beginsels wat baie besluite behoort te onderlê. Een daarvan is die herwaardering van oplossings wat die natuur self bied.  Herlewingslandbou is ‘n inisiatief waar die klem val op die herstel van die werklike waarde van grond. Chemiese ingryp het die werklike waarde van grond byvoorbeeld aangepas en om in simbiose te leef en te werk, het positiewe resultate opgelewer. Dit is veral insiggewend hoe ou waardes nou letterlik afgestof word om die proses van stelselmatige vernietiging, te keer en om te draai. Al hoe meer bewyse kom na vore van die sukses van hierdie pogings.


OFM-nuus 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.