On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   10:09 Fri, 07 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die mielieprys het ondersteuning gevind in Amerika, maar die voortslepende momentum kan moeilik wees om vol te hou met die ‘n byna rekordoes wat vir 2020 verwag word.

Die mees onlangse gegewens van die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie het getoon dat etanolproduksie vir die week, geëindig 31 Julie, gedaal het vanaf die daaglikse gemiddelde van 958 000 vate van die vorige week tot 931 000 vate per dag. Etanolvoorraad het ook met 0,4% gestyg en het 20.346 miljoen vate bereik.

Die plaaslike mieliemark het Donderdag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R31 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 799 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R26 per ton hoër verhandel om teen R2 854 per ton te sluit.


Sojabone:

Sojaboonpryse het dieselfde opdraande stryd as mielies tans - naamlik die gunstige weer het die weg gebaan vir potensieel rekord opbrengste in beide Amerika en Brasilië.

Ontleders verwag dat die Amerikaanse departement van landbou (USDA) die verkoop van sojabone tussen 800 000 en 1,749 miljoen ton vir die week, geëindig 30 Julie, sal toon.

Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag ook ondersteuning gevind en het die dag se verhandelinge, oor alle kontrakmaande wat tans gelys is, hoër gesluit.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020 R51 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 300 per ton te sluit.


Koring:

Die koringprys was gemeng, maar die tendense dui daarop dat 'n rondte tegniese verkope sal hervat in Amerika, aangesien dit moeilik was om die fokus op groot binnelandse en wêreldvoorrade te skud.

Die respondente van die Farm Futures-vraelys in Amerika verwag dat die koringopbrengste vanjaar met 0,12 ton per hektaar sal daal tot 3.36 ton per hektaar nadat die droë groeitoestande die Suidelike Vlakte beïnvloed het.

Die plaaslike koringmark het Donderdag ondersteuning gevind in die verswakking van die wisselkoers en het positief verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R49 per ton hoër verhandel om teen R4 939 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.