On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#Vrouemaand: Hester Maasdorp stoom voort op 65 as veeboer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 11 Aug 2020

#Vrouemaand: Hester Maasdorp stoom voort op 65 as veeboer | News Article
Hester Maasdorp

Hester Maasdorp, 'n veeboer van die plaas Zuurwater wat meer as 4 900 hektaar in die Aggeneys-gebied in die Noord-Kaap beslaan, vier vandag (Dinsdag) haar 65ste verjaarsdag.


Sy glo egter ouderdom is slegs 'n syfer, en 'n mens is so oud soos wat jy glo en voel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat nou  in die laaste van 'n reeks insetsels met Maasdorp as deel van die Agri-Uur se weeklikse fokus tydens Vrouemaand op die Evas in die landboubedryf en die waardevolle rol wat hulle speel.


Sien onderstaande PODCAST 


Hester is 'n ware "ystervrou" en is selfs al deur die department van landbou genomineer vir die jaarlikse Vroueboer van die Jaar-kompetisie. Maasdorp het wel algeheel tweede gekom, maar is dankbaar vir die geleentheid en die lesse wat sy as deelnemer daaruit geleer het.  

Sy glo 'n mens moet die nodige toewyding aan die dag lê. Met die nodige liefde en passie kan sukses behaal word.  


Vrouwees op die plaas

Hester glo om 'n vrou in boerdery te wees, maak 'n mens nie minder vrou nie. "Jy kan nie met blink gepolishde naels na die veekraal loop nie. 'n Mens is nie minder vrou, omdat jy hard werk en skouer aan die wiel sit op 'n plaas nie.  Dit is 'n vrou se toegewydheid wat tel. Daarmee saam moet "die vermoë van 'n vrou nie onderskat word nie." Vroue is tot baie in staat, met die hulp van die Here, wat vroue seën met die nodige wysheid en krag. ' 'n Vrou is gebou om te hou.' Mans en vroue kan mekaar aanvul, maar as 'n mens bots met 'n vrou dan bots jy met 'n rots."

'n Beskeie Hester sê op die ouderdom van 65-jaar staan sy geensins terug vir enige jonger vrou nie, veral nie as dit by haar boerdery kom nie. Haar uitkyk op die lewe is wie nie waag nie sal nie wen nie en daarom pak sy elke uitdaging met die nodige oorgawe en passie aan. Sy glo ook wat 'n mens in die lewe begin, moet jy voltooi en dit moet volhoubaar wees.  


Die toekoms

Hester sê sy het volgehoue geloof dat die Here boere wat reën broodnodig het mildelik daarmee sal seën, sodat die dorre veld sal "verdwyn".  Sy sê op haar plaas is slegs die rooi kaal vlaktes waar net die soekende spore van die diere lê. Waar die eens groen gras in swart verdorde polletjies begrawe lê en die enigste nattigheid wat sy gewaar die trane is wat van haar wange op die grond val sonder dat sy dit besef. Hester glo vas die Here sal dié traandruppels verander in poele van lewende water wat uit die hemel kom. Intussen gaan sy nie sit op die ashoop van die lewe nie, want haar toekoms op die plaas Zuurwater is 'n tweede kans op reën en haar toekoms op haar plaas is in die hande van God.   


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.