Agri Hour
APAC: #Covid19-protokol vir veeveilings in Staatskoerant gepubliseer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 11 Aug 2020
Aanwysings vir veilings van lewende hawe is verlede maand in die Staatskoerant gepubliseer.
Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte Agenteraad, APAC, sê dié aanwysings het ten doel om veilings doeltreffend te laat funksioneer te midde van die Covid-19-pandemie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Landboubedrywighede is sedert die begin van die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie in Maart vanjaar as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer. Dit was om toe te sien dat landbouproduksie in die meeste bedrywe kan voortgaan. Veilings van lewende hawe is daarby ingesluit en dit moet plaasvind onder goed beheerde omstandighede en met die nodige verantwoordelikheid. Die ontwikkeling en instelling van dié aanwysings het dus ten doel om veilings te laat funksioneer om seker te maak die aanbod van lewende hawe in die voedselwaardeketting is beskikbaar. Hy sê dié aanwysings moet ook voldoen aan die regulasies ingevolge die Rampbestuurswet wat afgekondig word. Dié aanwysings moet rigtinggewend wees en toegepas word en die regulasies wat deur die regering afgekondig word, ondersteun. Volgens Knowles is dié aanwysings aan APAC toevertrou en dit dien as 'n riglyn waarvolgens Covid-19-protokol by 'n veiling moet plaasvind.
OFM-nuus
