Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 12 Aug 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die weeklikse mielie-produksietoestande in Amerika word op 71% van goed tot uitstekend geskat, wat swakker is as die vorige week se skatting van 72% van goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 71% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 57% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel met die witmieliemark wat ondersteuning gevind het, terwyl die geelmieliemark meestal sywaarts verhandel het.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R14 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 831 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R2 per ton laer verhandel om teen R2 867 per ton te sluit.
Sojabone:
Die weeklikse sojaboon-produksietoestande in Amerika word op 74% van goed tot uitstekend geskat, wat beter is as die vorige week se skatting van 73% van goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 74% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 54% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R13 per ton laer verhandel vir die dag om teen R7 340 per ton te sluit.
Koring:
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 90% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is 3% minder as die vyf jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die Amerikaanse lentekoring produksietoestande vir die week word op 69% van goed tot uitstekend geskat, wat swakker is as die vorige week se skatting van 73% van goed tot uitstekend.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met die naby-maand kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verdere maandkontrakte meestal sywaarts verhandel het vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, onveranderd teen R4 947 per ton gesluit.
OFM-nuus
