On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Talle wette nou van toepassing by aanbieding van veeveilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 12 Aug 2020

Talle wette nou van toepassing by aanbieding van veeveilings | News Article

Daar is ander wette waaraan voldoen moet word met betrekking tot die aanbieding van die veilings van lewende hawe.


Dit is benewens die nuutste aanwysings vir dié veilings, wat onlangs deur die Landbouprodukte Agenteraad, APAC, in samewerking met die regering in die Staatskoerant gepubliseer is. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié aanwysings het ten doel om veilings doeltreffend te laat funksioneer en die verspreiding van die Covid-19-pandemie te verhoed. Dit voldoen ook aan die Wet op Rampbestuur en dien as 'n riglyn waarvolgens Covid-19-protokol by 'n veiling gevolg moet word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor wat dié Covid-19-protokol behels en oor ander wette waaraan daar voldoen moet word. 


Sien onderstaande PODCAST


Volgens hom word dit wetlik vereis dat betrokkenes soos veilingsagente en -huise by APAC geregistreer is. Die veediefstalwet, asook die wet op diere-identifikasie, is ook van toepassing. Geen gesteelde lewende hawe mag op 'n veiling aangebied word nie en as 'n agent vermoed 'n dier se herkoms by 'n veiling is onder verdenking is, moet die polisie in kennis gestel word.  Dit is waardevol juis omdat veediefstal in Suid-Afrika die bedryf jaarliks bykans R3 miljard kos. Die wet op dieresiektes geld ook.  

Knowles sê die aanwysings wat onlangs gepubliseer is deur APAC behels onder meer die voorbereiding van die veilingsgronde voor 'n veiling plaasvind, sowel as maatreëls wat tydens die veiling moet geld. Daar is ook streng maatreëls wat toegepas moet word ná 'n veiling. 

Die gasheer, eienaar of bestuurder van 'n veiling moet daarop let. Inspeksie van 'n veilingsperseel moet plaasvind voor 'n veiling. Daar moet vasgestel word of dié perseel skoon en veilig is. Kennisgewing moet verskaf word aan mense wat die veiling wil bywoon met klem op die  Covid-19-protokol waaraan daar voldoen moet word. Dit sluit skriftelike kennisgewings in asook inligtingsborde wat  by die perseel self aangebring moet word.  Hy sê die gevare en voorsorgmaatreëls van dié pandemie moet uitgewys word. 

Daar mag tydens 'n veiling slegs  50 mense in die ring wees. Werkers en ander mense wat verantwoordelik is vir hierdie logistiek, soos vervoer, word nie by hierdie getal gereken nie. Knowles sê verder daar moet 'n register wees om elke individu na te spoor wat by die veiling is en dit moet gedokumenteer word. Sosiale afstand tussen mense van 1,5 meter moet gehandhaaf word.   Temperatuurmeting van mense se koors en sanitasie is noodsaaklik. Toerusting moet gesaniteer word voor en na die veiling. Dit is ook uiters noodsaaklik dat mense gereeld hande was en maskers dra.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.