On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:31 Thu, 13 Aug 2020

  Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê veerkragtige leiding as 'n post Covid-19-pandemie remedie is die antwoord, omdat die samelewing en die ekonomie sat is van die gevolge van die pandemie. Al hoe meer oproepe om te begin met die herskikking klink nou op. In baie gevalle is dit die laaste hulpkreet van ‘n ekonomiese drenkeling wat eenvoudig gaan verdrink in die see van skuld en gebrekkige vooruitsigte vir die herstel van die land.  Daar is egter duidelike hulpkrete waarvan die appèlle op die staat gediversifiseerd, verdiepend en dringend is.  Daarteenoor is daar ongelukkig ook bewyse dat beleidsontwikkeling as teenvoeter vir die dilemma, ver agter tegnologiese ontwikkeling en innovasie is. Mense wat afhanklik is van regerings verwag van staatsorgane om meer innoverend te wees ten opsigte van hulle verantwoordelikhede. Hy sê so ontstaan daar ‘n gaping, want die nuwe normaal vereis veerkragtigheid om tydig te kan reageer en stel dit ook duidelik dat beleidsontwikkeling nie net beperk hoef te word tot regerings nie. Nie-regeringsinstansies moet die taak kan uitvoer, maar ook toegelaat word om dan deel te neem. Die pandemie wys op die baie nadele as die staat hom sien en laat geld as die enigste skepper van beleid.

Hy sê dit maak 'n mens bang as daar gelees word van leiers in die regering wat hulle nou moet verontskuldig teen aanklagte van korrupsie, want die feit dat hulle verdink word, is 'n aanduidig van die gebrek aan veerkragtigheid.  Die impak van die pandemie kan dus baie langer neem om uitgewerk te word.

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.