Agri Hour
Veilingspryse vir lewende hawe neem steeds toe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:37 Thu, 13 Aug 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...
Hy sê die prys van lewende hawe op veilings het vandeesweek in die meeste klasse steeds 'n stygende tendens getoon. Dit is baie voordelig vir produsente en na verwagting kan pryse steeds toeneem.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R36,10 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,40 en speenkalwers oor 250kg het teen R32,12 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - R26,30 per kg
B-klas beeste - R21,50 per kg
C-klas vet koeie - R20,10 per kg
Maer koeie - Wissel tussen R16,00 en R18,36 per kg
Slagbulle - R21,26 per kg
Skape
Stoorlammers - R47,48 per kg
Slaglammers - R39,49 per kg
Stoorskape - R26,82 per kg
Vetskape - R20,85 per kg
Bokke
Lammers - R40,00 per kg
Ooie - R32,11 per kg
Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
