On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools: Wolmarkverslag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:08 Fri, 14 Aug 2020

Cape Wools: Wolmarkverslag  | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die 2020/21-wolseisoen het hierdie week weggespring met 'n aandbod van 8 146 bale waarvan 94.45% van dié bale verkoop is. Die aanvanklike aanbod is met 1 280 bale verminder weens onttrekkings wat voor die veiling plaasgevind het. Luidens dié verslag het die plaaslike mark 'n afname getoon te midde van die internasionale onsekerheid en afwaartse druk op die Australiese mark. Dié mark het 'n afname van 11.45% getoon. Daar was ook 'n 2,2% verswakking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar.

Dit het 'n daling van 5,7% getoon. Luidens die verslag kon die swak vlak van die Rand nie die prysvlakke ondersteun nie. 

Fyner tipes wol het beter as die markgemiddeld gepresteer, terwyl sterker mikron wol onder druk gekom het. Mededinging het verbeter met die verloop van die veiling en die vraag na volhoubare geproduseerde wol was goed.

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA en Stucken & Co .

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg: 18,0 mikron tipes daal met 2,4% en sluit teen R163,47 per kg. 18,5 mikron tipes neem af met 4,4% en sluit teen R152,14 per kg, terwyl 19 mikron tipes verlaag met 3,7% en teen R146,83 per kg sluit. 19,5 mikron tipes verswak met 5,6% en sluit teen R141,66 per kg. 

Vir meer gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), besoek ofm.co.za. 

20 mikron tipes toon 'n afname van 4,5% en sluit op R140,08 per kg, terwyl 20,5 mikron tipes met 4,1% verswak en op R138,16 per kg sluit. 21,0 mikron verlangsaam met 6,3% en sluit op R135,58 per kg en 21,5 mikron tipes neem af met 4,0% en sluit op R138,64 per kg. 22 mikron tipes daal met 1,6% en sluit op R138,63 per kg en 22,5 mikron tipes verswak met 2,6% en sluit op R134,25 per kg.)

Die volgende veiling is geskeduleer vir 19 Augustus waar daar na verwagting meer as 6 800 bale aangebied sal word. 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.