On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

'Swak begin van wolseisoen te verstane, maar wek tog kommer'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:15 Fri, 14 Aug 2020

'Swak begin van wolseisoen te verstane, maar wek tog kommer' | News Article

Die 2020/21-wolseisoen het nie op 'n goeie noot afgeskop nie, en wek kommer by betrokkenes.


Heindrich Victor, bestuurder spesiale dienste van vesel by OVK, sê daar is verskeie faktore wat bydra tot die daling in die plaaslike wolmark tydens die eerste nasionale veiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die mark het laer verhandel teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen met die Cape Wools merino-aanwyser wat met 5,7% gedaal het  teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen. Dit het vandeesweek teen 'n skoonprys van R137.38 per kg gesluit. Daarmee saam het die Rand met 2,2% swakker teen die Amerikaanse Dollar verhandel en 6,7% teen die Euro verswak,  ooreenstemmend dieselfde tydperk van die vorige veiling.  Victor sê dit is nie goeie nuus vir die bedryf nie, maar omstandighede rondom die wêreld-ekonomie moet in ag geneem word.

Hy sê die vraag na volhoubaar gesertifiseerde wol  het tot gesonde kompetisie onder kopers bygedra. Fynwol en goeie gehalte wol het weer eens goed presteer. Meer as 8000 bale is aangebied, waarvan sowat 95% verkoop is.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.