On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:57 Mon, 17 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Mieliepryse het Vrydag effens gedaal te midde van ligte tegniese verkope, hoewel pryse 5,5% hoër geëindig het vanaf Maandag se openings in Amerika.

Die graanuitvoer van die Oekraïne het in die bemarkingsjaar 2020/21 'n trae begin gehad, wat 23% laer jaar-op-jaar neig.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 883/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R13/ton hoër verhandel om teen R2 921/ton te sluit.


Sojabone:

Sojaboonpryse het ook Vrydag beskeie verliese opgelewer in die VSA, wat verminder is deur 'n groot verkoping Vrydagoggend aan China.

Private uitvoerders het aan USDA aangekondig die verkoop van 125 000 ton sojabone vir aflewering aan China. Dit is die agtste agtereenvolgende sessie wat so 'n verkoping plaasgevind het. Vrydag se aankope is beskikbaar vir aflewering gedurende die bemarkingsjaar 2020/21, wat op 1 September begin.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ook ondersteuning gevind en die dag se verhandelinge, oor alle kontrakmaande wat tans gelys is, het hoër gesluit.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R77/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 429/ton te sluit.


Koring:

Koringpryse in die VSA het Vrydag vir klein winste geveg teen 'n ligte rondte tegniese aankope, maar kon nie aansienlike vooruitgang maak nie, met die gedagtes van groot binnelandse en wêreldwye voorrade wat steeds dreigend is in die agtergrond.

Die Oekraïne se ministerie van ekonomie berig dat 96% van die land se winterkoringoes in 2020 geoes is, tot dusver altesaam 25,5 miljoen ton. Die land se totale graanproduksie in 2020 sal na verwagting 9,5% minder wees as die rekordoes van verlede jaar.

Die plaaslike koringmark het Vrydag wisselvallig verkeer en het negatief verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R26/ton laer verhandel om teen R4 899/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.