On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:23 Tue, 18 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) moontlik gemaak.



Mielies:

Die verwagting in die mark is dat die weeklikse mielie-produksietoestande in Amerika swakker behoort te wees as die vorige week se skatting weens  sterk winde wat verwoesting in gedeeltes van dié land se Middeweste gesaai het.

Hoewel dit moeilik is om die werklike omvang van die skade in hierdie stadium te bepaal is die verwagting steeds dat dit 'n wesenlike negatiewe impak op die Amerikaanse produksie vir die seisoen kan hê.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat  gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R86 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 969 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R73 per ton hoër verhandel om teen R2 994 per ton te sluit.


Sojabone:

Die prys in die internasionale sojaboonmark word ondersteun deur die goeie vraag in China.

In China word gerapporteer dat hul varkkudde vir die eerste keer die afgelope twee jaar gedurende Julie uitgebrei het, wat positief is vir die verbruik in China.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R20 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 449 per ton te sluit.


Koring: 

Die koring-invoer van groot invoerlande bied ondersteuning aan die internasionale koringmark.

Die weerstoestande in Amerika is redelik gemeng met die warm en droë toestande, wat gunstig is vir die stroopproses van winterkoring, terwyl dit negatief is vir die produksieverwagtinge van lentekoring.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R24 per ton laer verhandel om teen R4 875 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.