Agri Hour
Wynbedryf platgeslaan ondanks drankverbod wat opgehef is─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 19 Aug 2020
Die situasie in die wynbedryf is in dié stadium nie rooskleurig nie.
Meer as 20 000 werksgeleenthede is verlore. Meer mense se lewens gaan ook negatief geraak gaan word weens die verbod op die handel van drank, wat in Maart vanjaar deur die regering as deel van die Covid-19-inperkingsregulasies, in plek gestel is. Dié verbod is intussen opgehef.
Maryna Calow, kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa, sê daar is wynprodusente wat noodgedwonge hul plase nou sal moet verkoop. Daarmee saam is daar heelwat kelders wat ook hul deure in die komende ses tot 18 maande sal moet sluit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Calow gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Sy sê die inperkingsregulasies het ook vir 'n tydperk van vyf weke 'n verbod geplaas op die uitvoer van wyn. Dít was 'n groot slag en frustrasie vir dié bedryf. Daardie deel van die drankverbod is egter gelig en daarmee saam het die Suid-Afrikaanse wynbedryf fantastiese ondersteuning uit die buiteland gehad, waarin mense aangemoedig is om Suid-Afrikaanse wyn aan te koop. Dié insitatief is gedryf deur die hutsmerk SaveSAWine. Sy sê dit het goed in die buiteland vlam gevat en Suid-Afrikaanse wyn is aangekoop, wat weer gelei het tot bykomende bestellings vir uitvoerdoeleindes. Calow sê dié insiatief gaan beslis 'n groot bydrae lewer om 'n klomp van Suid-Afrikaanse produsente aan die gang te hou.
Volgens haar is daar nou ongelukkig 'n groot hoeveelheid surpluswyn van sowat 300 miljoen liter wyn nou beskikbaar. Dít hou verskeie nagevolge in soos onder andere die prys van wyn wat sal moet afneem. "Dit is 'n nare situasie vir die bedryf, want dit is 'n element wat ons nou al jare lank aan werk om die prys van Suid-Afrikaanse wyn te lig, veral in oorsese markte waar ons regtig vir 'n baie lank tydperk beskou is as een van die goedkoper markte."
Dié surplus wyn sal nou afgestaan moet word vir die gebruik van onder meer spiritusprodukte of handreiniger. Sy sê dit is 'n negatiewe situasie waarin die bedryf homself nou bevind. Daarmee saam moet dit in ag geneem word dat die bedryf ook soos ander bedrywe die afgelope drie jaar onderworpe was aan groot watertekorte, veral in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap, waar wyn ook geproduseer word. Die Covid-19-pandemie is volgens Roux nog 'n hou wat aan die bedryf toegedien is. Sy meen produsente in die Noord-Kaap is net so hard geruk deur die elemente soos die res en baie van die wyn wat in die Noord-Kaap geproduseer word, is hoofsaaklik vir die plaaslike mark. Almal is in dieselfde bootjie, sê sy.
OFM-nuus
