Agri Hour
Lewende hawe behaal goeie pryse ondanks swak ekonomie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:55 Thu, 20 Aug 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Hy sê die styging in die prys vir lewende hawe op veilings styg steeds, wat goeie nuus is veral as die situasie rondom die land se swak ekonomie in ag geneem word. Daarmee saam is dit van belang om te let dat die Rand nou 25% swakker vertoon teenoor die situasie 'n paar jaar gelede. Dié pryse wat vandeesweek behaal is, kan steeds verbeter inaggenome dat dit die middel van die maand is, wanneer pryse gewoonlik swakker is teenoor pryse aan die einde van 'n maand. Derksen sê hy verskaf die prys per gewig van lewende diere wat boere in staat stel om die waarde van hul kuddes te bepaal voordat hulle dit op veilings te koop aanbied.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R36,85 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,22 en speenkalwers oor 250kg het teen R31,89 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - R26,30 per kg
B-klas beeste - R22,95 per kg
C-klas vet koeie - R21,50 per kg
Maer koeie - Wissel tussen R17,00 en R18,86 per kg
Slagbulle - R21,51 per kg
Skape:
Stoorlammers - R46,21 per kg
Slaglammers - R40,03 per kg
Stoorskape - R29,00 per kg
Vetskape - R30,00 per kg
Bokke:
Lammers - R40,25 per kg
Ooie - R31,66 per kg
OFM-nuus
