Agri Hour
Slaan ag op brandgevaartoestande, vra brandbestryders─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:58 Thu, 20 Aug 2020
Die Potchefstroomse brandbestrydingsvereniging benadruk opnuut die belang van die verantwoordelike optrede in 'n poging om die uitbreking van veldbrande te voorkom.
Kobus Roux, voorsitter van dié vereniging, sê mense moet nie nalatig wees in dié verband nie. Sy beroep kom nadat wegholveldbrande, wat die naweek in die Potchefstroom-distrik gewoed en verwoesting gesaai het, vermoedelik ontstaan het weens mense se nalatigheid. Sowat 12 000 hektaar, hoofsaaklik grasveld, het in dié distrik afgebrand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Hy vra mense om bedagsaam te wees en pleit dat hulle nie siggaretstompies in die veld gooi nie. Dit is onder meer gerig op motoriste wat terwyl hulle ry, stompies by hul motorruite uitgooi en wat dan groot skade berokken wanneer dit droë gras aan die brand steek. Spontane brande ontstaan maklik, sê hy. Hy sê die brande van die afgelope naweek was nog die warmste brande wat hy nog beleef het weens die digtheid van droë gras. Dit word ook deur sterk wind aangeblaas. Boere moet voorts let op brandgevaarwaarskuwings asook weerstoestande en juis dan op hul hoede wees.
OFM-nuus
