On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Potch-skietery: Die aakligste oproep ooit, sê slagoffer se pa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:27 Tue, 25 Aug 2020

Potch-skietery: Die aakligste oproep ooit, sê slagoffer se pa  | News Article

'n Potchefstroomse melkboer se noodoproep om hulp na sy pa, nadat hy gewond is deur 'n aanvaller op hul plaas, was vir sy pa die "aakligste oproep" wat hy nog ooit ontvang het.


So sê Hannes Niemand nadat sy 30-jarige gewonde seun Hennie, wat steeds in die Mediclinic Potchefstroom aansterk, hom Vrydagmiddag gebel het. 'n Skietery het plaasgevind, terwyl twee jong kinders in Hennie se bakkie was. Hennie is laatmiddag deur 'n 21-jarige man, Koane Potlaki, wat ook bekend staan as "Shorty", buite in die veld op hul plaas gewond. Hennie kon terugskiet. Die skietery het uitgebreek nadat Potlaki 'n plaaswerker glo gedwing het om Hennie te ontbied na waar die plaaswerker by 'n kraal was waar hulle ultradrukbeweiding vir speenkalwers het. Hannes sê Potlaki het die bakkie van die plaaswerker se band geskiet en hom gedreig met sy lewe as hy nie sy werknemer ontbied nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Hannes gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die plaaswerker wou aanvanklik nie sy werkgewer ontbied nie, maar uit vrees vir sy lewe het hy Hennie gebel en gesê sy bakkie het 'n pap band en Hennie moet hom kom haal. Hannes het Maandagoggend telefonies met Hennie gepraat, wie se milt verwyder is en weens inwendige bloeding steeds in die hospitaal behandel word. Hy sê sy seun is vasbeslote om spoedig te herstel en terug te keer plaas toe, omdat hy 'n staatmaker boer is. Hannes vertel met Hennie se aankoms by die plaasweker het hy "Shorty" erken en besef daar is moeilikheid. Hennie se tweejarige dogtertjie en sy tienjarige nefie was by hom in die bakkie. Volgens Hannes was Hennie, wat ook gewapen was, in die proses om uit sy bakkie te klim toe Potlaki die eerste skoot afgevuur het en Hennie gewond het. Die skoot het sy hart net-net gemis.

Hy sê 'n gewonde Hennie het half vorentoe op sy knieë geval en die bakkie se deur gebruik as 'n afweerder waarna hy onderdeur die deur teruggeskiet het. Potlaki is noodlottig gewond en is op die toneel dood. Hy glo Potlaki wou wraak neem op Hennie. nadat Potlaki verlede jaar in November glo betrokke was by 'n huisroof op 'n buurplaas. Hennie was toe eerste op die toneel en was behulpsaam in 'n polisie-ondersoek waarin Potlaki as 'n verdagte uitgewys is.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.