On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:37 Wed, 26 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die weeklikse mielie-produksietoestande in Amerika is op 64% van goed tot uitstekend, wat swakker is as die vorige week se skatting van 69% van goed tot uitstekend.

Die weeklikse produksietoestande van 64% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 57% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit- en geelmielies wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R77 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 033 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R53 per ton hoër verhandel om teen R3 020 per ton te sluit.


Sojabone:

Die weeklikse sojaboon-produksietoestande in Amerika word op 69% van goed tot uitstekend geskat, wat swakker is as die vorige week se skatting van 72% van goed tot uitstekend.

Die weeklikse produksietoestande van 69% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 55% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R32 per ton laer verhandel vir die dag om teen R7 374 per ton te sluit.


Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 97% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is 1% minder as die vyf  jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die Amerikaanse lentekoring produksietoestande vir die week word op 71% van goed tot uitstekend geskat, wat beter is as die vorige week se skatting van 70% van goed tot uitstekend.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R30 per ton laer verhandel om teen R4 850 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.