On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

'Betrokkenheid by veiligheidstrukture van groot belang'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Wed, 26 Aug 2020

'Betrokkenheid by veiligheidstrukture van groot belang' | News Article

Veiligheidstrukture in die Potchefstroom-distrik in Noordwes is in plek en talle boere was vinnig op die toneel nadat 'n plaaslike melkboer, Hennie Niemand, deur 'n aanvaller op sy plaas in 'n skietery gewond is.


Die aanvaller is noodlottig gewond nadat  Niemand teruggeskiet het. Dié skietvoorval het Vrydagmiddag plaasgevind, terwyl Niemand se tweejarige dogtertjie en sy tienjarige nefie in sy bakkie was. Niemand is deur 'n plaaswerker ontbied wat elders op die palas was nadat die aanvaller die plaaswerker gedwing het om Niemand te bel en hom daarheen te lok. Die plaaswerker het onder dwang vir Niemand gebel en gesê hy moet hom kom haal, omdat sy bakkie 'n pap band het.   

Rudi du Toit, veiligheidsverteenwoordiger van Agri-Potchefstroom, sê 'n klomp boere het van die voorval gehoor en hulle na die toneel gehaas.  OFM-nuus se Christal-lize Muller het met Du Toit gepraat...


Sien onderstaande PODCAST



Hy sê 'n redelike getal boere het by die toneel opgedaag. Boere is nou redelik keelvol vir aanvalle op plase, terwyl dit  wil voorkom of die regering nie daadwerklik oorgaan tot aksie nie.

Du Toit sê in die Niemand-voorval het die polisie egter "redelik" vinnig gereageer, maar dit kan nie genoeg beklemtoon word dat gemeenskappe by bestaande veiligheidstrukture in hul gebiede betrokke moet raak nie. Dit in 'n poging om die netwerk uit te bou. Hy sê patrollering van gebiede vind plaas, veral in die Potchefstroom-distrik, en die bestaande strukture wat in plek gestel is deur georganiseerde landbou, is waardevol.  "Ons het 'n redelike goeie landelike struktuur." Gemeenskappe moet verantwoordelikheid neem vir hul eie veiligheid. Dit begin by basiese beveiliging by hul huise op plase. Die nodige maatreëls moet in plek gestel word, want die aanslag teen boere vergroot, sê Du Toit.  

Agri-Potchefstroom is ook in die proses om 'n kameraprojek op die been te bring in die distrik. Kameras word op strategiese plekke (punte) geïnstalleer. Dit sluit paaie in, want benewens aanvalle op plase en kleinhoewes is diefstal van eiendom, asook veediefstal, 'n werklikheid. Hy sê daar is nie in dié verband 'n drastiese toename nie, maar dit vind wel plaas.  Dit is juis daarom dat die kamerastelsel nou in plek gestel word om dié aanslag  te probeer hokslaan. Hy sê veediefstal oos van dié stad, in die rigting van Fochville, is 'n ernstige probleem en met hongersnood en werkloosheid wat toeneem, gaan die situasie rondom diefstal vorentoe vergroot.  

Dié kamerastelsels word grootliks deur boere self gefinansier, wat geld moet opdok vir hul eie veiligheid.


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.