Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 27 Aug 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het weer onder druk gekom nadat dit die laaste tyd weer hoofsaaklik ondersteuning gevind het om teen 'n 6-maande hoogtepunt te verhandel.
Hoewel die goeie produksietoestande in die VSA die mark onder druk hou, is die verliese beperk deur die skade wat die storms in Iowa veroorsaak het.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R68/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 087/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R53/ton hoër verhandel om teen R3 057/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark word steeds hoofsaaklik ondersteun deur die sterker vraag na sojabone in China.
Die Brasiliaanse sojaboon-voorraad is redelik uitgedun met die groot uitvoer wat na China toe plaasgevind het wat die Brasiliaanse sojaboonpryse teen 'n premie teenoor Amerikaanse en Argentynse pryse verhandel.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R25/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 360/ton te sluit.
Koring:
Die versterking van die Amerikaanse dollar plaas die Amerikaanse koringmark onder druk.
In Frankryk het die koring produksietoestande verswak weens droë weerstoestande wat die verwagte uitvoerbare surplus in Frankryk met tot 40% kan laat daal vir die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R2/ton laer verhandel om teen R4 854/ton te sluit.
OFM-nuus
