On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 27 Aug 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat ons met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die betroubaarheid van rigtinggewende statistieke oor die Suid-Afrikaanse ekonomie is in die proses om integriteit te herwin, wat met die chaos voor en tydens die Covid-19-pandemie in gedrang was.

Noodmaatreëls het konvensionele protokol ontwrig en die vloei van geld van en na hulpbehoewende besighede en individue kon dalk ‘n mate van skyn gerustheid skep dat sake in plek is.

Normale waardeketting-aktiwiteite is gestaak en ten beste ontwrig met verwarrende besluite ten opsigte van ‘n ja of nee vir handel. Soos ‘n vol rivier, het landbouprodukte sy loop gevind en verbruikers bereik, hetsy deur gewone aankope, maar ook via reuse-skenkings. 

In die meeste gevalle was produksie onomkeerbaar aan die gang en kon boere nie toesien dat hulle markgereed produkte verrot weens die afwesigheid van formele verhandelingsplatforms nie.

Trouens, die pandemie het nie net bekende swakhede in die beleidraamwerk en funksionering van waardekettings blootgelê nie, dit was eintlik ook ‘n skattejag. Die beperking op handel in die informele mark het duidelik gewys op die gevolglike skade - in terme van geen kos aan miljoene - en die belangrike rol wat die sogenaamde informele netwerk van handelaars speel in die strewe na verminderde huishoudelike voedselonsekerheid. Nou word daar letterlik gespring om dié netwerke meer funksioneel te maak,

Inmiddels dui die jongste verbruikersprys gegewens van Statistiek Suid-Afrika op ‘n moontlike toename in inflasie.  Sedert die begin van die grendeltyd het die vraag na goedere wipplank gery en het inflasie, soos verwag, gedaal.   Almal het egter geweet dat dit nie die ware toedrag van sake weerspieël nie.

Van Junie tot Julie het verbruikersinflasie met 1.3% gestyg en die vernaamste oorsaak was die styging in kosinflasie. Dit is slegte nuus, want dié styging dui op die koste vanaf die plaashek tot by die verbruiker. 

Boere is oor die algemeen prysnemers, wat beteken dat hulle nie verhoogde kostes aan hulle kant van die plaashek kan deurgee nie. Inteendeel, enige verandering aan die koste van waardetoevoeging word van die produsent – laer plaashek pryse - én die verbruiker verhaal.

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM. 


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.