On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Speenkalwers behaal goeie pryse op veilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 27 Aug 2020

Speenkalwers behaal goeie pryse op veilings | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen verskaf vandeesweek weer 'n positiewe markverslag met pryse van lewende diere wat steeds styg. 

Volgens hom het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R37,23 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,98 en speenkalwers oor 250kg het teen R33,05 per kg verkoop. Die prys van speenkalwers verlede week was soos volg: kalwers  onder 200 kg het  teen R36,85 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,22 en speenkalwers oor 250kg het teen R31,89 per kg verkoop. 

 

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste - Geen

B-klas beeste - R22,48 per kg

C-klas vet koeie - R21,33 per kg

Maer koeie - R18,93 per kg

Slagbulle - R21,45 per kg

Skape

Stoorlammers - R46,36 per kg

Slaglammers - R41,81 per kg

Stoorskape - R33,00 per kg

Vetskape - R30,60 per kg

Bokke

Lammers - R50,10 per kg

Ooie - R35,88 per kg


OFM News



 






Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.