Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 28 Aug 2020
Hierdie verslag word verskaf deur Graan SA (GSA).
Mielies:
Die produksietoestande in Amerika is steeds die grootste aspek wat die Amerikaanse pryse tans dryf en droër toestande in van die land se state bied ondersteuning aan dié prys.
Die weeklikse etanolproduksie het verlede week toegeneem vanaf die vorige week se produksie, wat positief is vir die verbruik van mielies.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R69 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 147 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R56 per ton hoër verhandel om teen R3 100 per ton te sluit.
Sojabone:
Die wêreld sojaboonmark bly steeds sterk met die lae voorrade wat in Suid-Amerika beskikbaar is, en die hoë vraag na sojabone in China.
Private uitvoerders het aan die Amerikaanse departement van landbou (USDA) gerapporteer dat China ongeveer 400 000 ton se Amerikaanse sojabone aangekoop het vir invoer.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R12 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 360 per ton te sluit.
Koring:
Die internasionale koringmark het ondersteuning gevind met die laer verwagte produksie en uitvoer wat vanaf die Europese Unie (EU) verwag word vir die seisoen.
In die internasionale konteks is die beweging van koring redelik aktief met lande wat heelwat koring aankoop vir invoerdoeleindes.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R16 per ton hoër verhandel om teen R4 870 per ton te sluit.
OFM-nuus
