On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof-landboustories op OFM

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 28 Aug 2020

  Hier is van jou hoof-landboustories op OFM | News Article

OFM-nuus se Christal-Lize Muller lig vandeesweek se top-stories in landbou uit.


Sien onderstaande PODCAST


Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, het die hofuitspraak in die Hooggeregshof in Grahamstad (Makhanda), verwelkom. Dié uitspraak was in guns van die Al Mawashi en die Livestock Transport and Trading Company, (KLTT) wat nou kan voortgaan met die uitvoer van meer as 56 000 skape na die Midde-Ooste per skip. Dit kom nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) dié maatskappye hof toe gesleep het om te verhoed dat dié skape, wat nou in die Castledale-voerkraal in Berlin in die Oos-Kaap aangehou word, op die Al Messilah-skip per see vervoer word. Ná dié hofbeslissing kan die skape egter gelaai word. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê die hof het egter sekere vereistes gestel. Hy sê dié hofbeslissing is goeie nuus vir die bedryf, asook die RPO.

Die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente, Nerpo, is hoogs ontevrede oor die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se ondoeltreffende koopbewysstelsel. Dié stelsel vorm deel van die departement se Covid-19-landbourampfonds van meer as R1,2 miljard. Aggrey Mahanjana, groepbestuurder van Nerpo, sê drie maande het al verloop sedert koopbewyse aan boere,  wat vir dié hulp gekwalifiseer het, uitgereik is. Met dié koopbewyse kan boere insette van verskaffers, wat oor die land heen deur die departement aangewys is, bekom. Mahanjana sê egter boere wat koopbewyse bekom het, kan niks daarmee doen nie.

'n Potchefstroomse melkboer se noodoproep om hulp na sy pa, nadat hy gewond is deur 'n aanvaller op hul plaas, was vir sy pa die "aakligste oproep", wat hy nog ooit ontvang het. So sê Hannes Niemand, nadat sy 30-jarige gewonde seun Hennie, wat steeds in die Potchefstroom Mediclinic aansterk, hom Vrydagmiddag gebel het. 'n Skietery het plaasgevind, terwyl twee jong kinders in Hennie se bakkie was. Hennie is laatmiddag deur 'n 21-jarige man, Koane Potlaki, buite in die veld op hul plaas gewond. Hennie kon terugskiet. Die skietery het uitgebreek nadat Potlaki 'n plaaswerker glo gedwing het om Hennie te ontbied na waar die plaaswerker by 'n kraal was waar hulle ultradrukbeweiding vir speenkalwers beoefen. Hannes sê Potlaki het die bakkie van die plaaswerker se band geskiet en hom gedreig met sy lewe as hy nie sy werknemer ontbied nie. Hy sê die plaaswerker wou aanvanklik nie sy werkgewer ontbied nie, maar uit vrees vir sy lewe het hy Hennie gebel en gesê sy bakkie het 'n pap band en Hennie moet hom kom haal. Hannes het Maandagoggend telefonies met Hennie, wat steeds in die hospitaal behandel word, gepraat.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.