On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Wolmarkverslag: Nasionale wolveiling hervat volgende week

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 28 Aug 2020

Wolmarkverslag: Nasionale wolveiling hervat volgende week | News Article

OFM-nuus verskaf nie 'n weeklikse nasionale wolmarkverslag vandeesweek nie, omdat daar nie 'n nasionale veiling plaasgevind het nie.


Dié veiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap vind weer volgende week plaas. Altesaam 7 578 bale is verlede week op die tweede veiling van die 2020/21-seisoen op die nasionale veiling in Port Elizabeth aangebied. Altesaam 1 179 is voor die veiling onttrek met 'n algehele verkoopspersentasie van 92,21% van die bale wat aangebied is. Naverkope het bygedra dat die algehele verkoopspersentasie verhoog het. Die Australiese mark het verlede week met 5,9% gedaal met 'n groter persentasie onverkoopte wol. Daarteenoor het die plaaslike mark egter beter vertoon, met 'n daling van 4,1% met inagneming van die Rand wat met 1,1% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk het. Dit het aanleiding gegee tot 'n verswakking van 3,1% van die plaaslike mark in terme van die Amerikaanse Dollar. Die meerderheid van die plaaslike aanbod het verlede week uit fyn wol bestaan, wat goeie mededinging ontlok het en die algehele verkoopspersentasie verhoog het. Kruisraswol en wol met 'n hoë saadinhoud weens die goeie reënval, is verdiskonteer.

Goeie gehalte merinowol, en veral gesertifiseerde wol, het basies onveranderd gesluit teenoor verlede week.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.