On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:49 Mon, 31 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Mieliepryse het Vrydag in Amerika 'n hoogtepunt van sewe weke gehaal op 'n nuwe tegniese rondte van verkope, wat aangespoor is deur 'n groot uitvoerverkoping wat gerapporteer is, tesame met aanhoudende twyfel oor die Amerikaanse produksie-potensiaal te midde van ongunstige weer tydens die grootste gedeelte van Augustus.

Frankryk se mieliegehaltegraderings het gestabiliseer, nadat dit die afgelope paar weke aansienlik laer gedaal het, met die konsultante van FranceAgriMer wat tot 24 Augustus 62% van die oes in 'n goeie tot uitstekende toestand geplaas het.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R62 per ton laer verhandel vir die dag om teen R3 079 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020,  R43 per ton laer verhandel om teen R3 058 per ton te sluit.


Sojabone:

Sojaboonpryse het hoër beweeg vir die vyfde sessie agtereenvolgens Vrydag in Amerika.

Graanhandelaars in Amerika is oor die algemeen optimisties oor uitvoer en is bekommerd oor dalende gehaltegraderings en ongunstige weer wat die oesopbrengs in die herfs kan belemmer.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R127 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 500 per ton te sluit.


Koring:

Koringpryse het Vrydag in Amerika gedaal, maar die sessie het met gemengde resultate afgesluit ná 'n ongelyke tegniese beweging. Die pryse het hierdie somer 'n bietjie wipplank gery, maar het sedert begin Augustus hoofsaaklik opwaarts geswaai.

Die Duitse ministerie van landbou het sy voorspelling vir koringproduksie in 2020 met 5,1% tot 21,881 miljoen ton gesnoei, hoofsaaklik weens 'n daling in aangeplante hektare hierdie jaar. Duitsland is die tweede grootste koringprodusent in Europa. In Europa het die Europese Kommissie sy vooruitsigte vir koringproduksie vir 2020/21 met 2,7% gesnoei. Die uitvoer van die Europese Unie word ook laer voorspel.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R19 per ton hoër verhandel om teen R4 887 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.