On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Boks-voer-vir-'n-Boer-projek se aanlynwinkel vir veevoerskenkings bring hoop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:57 Mon, 31 Aug 2020

Boks-voer-vir-'n-Boer-projek se aanlynwinkel vir veevoerskenkings bring hoop  | News Article

Die projek Boks-vir-'n-Boervrou, wat vroeër van stapel gestuur is om hulp aan vroue op plase in droogtegeteisterde dele van die land te verleen, het 'n boervrou van Mpumalanga geïnspireer om haar eie projek te begin.


Elria Steinberg, 'n boervrou van hul plaas  tussen Hendrina en Carolina in Mpumalanga, se projek Boks-voer-vir-'n-Boer, fokus op die boer self. Steinberg was vir baie lank verantwoordelik vir die administrasie van hul boerdery, maar het 'n jaar gelede dié taak aan haar skoonseun oorgegee. Dit is toé dat sy besluit het om haar inisiatief 'n werklikheid te maak.  Sy het op 'n aanlynwinkel besluit,  waar geld aan boere in die Noord-Kaap waar die droogte steeds sy tol eis, geskenk kan word. Dit is in die formaat van verskillende veevoerpakkette waarvan daar gekies kan word.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Steinberg sê die projek Boks-vir-'n-Boervrou het in haar begin groei, en sy wou 'n verskil maak.  Sy het die moontlikhede ondersoek hoe sy die fokus na die boer self kan verskuif.  Sy het aan haarself afgevra wat pak 'n mens vir 'n skaapboer in 'n boks? Veral die boere wat in die droogtetoestande swaartrek ten opsigte van hul veekuddes, omdat hulle  vir die afgelope vyf jaar nie reën gehad het nie.

Dit is toe dat Steinberg op die projek Boks-voer-vir-'n-Boer besluit het.  

Dit is 'n aanlynwinkel en sover bekend die eerste in die droogtehulp-kringe, sê sy.  "Ons is baie opgewonde oor die konsep." Dit behels hoofsaaklik dat weldoeners op dié projek se skakel kan kliek. Daar is reeds 11 boere daarop gelys wat deel is van dié program en dringend hulp benodig in terme van veevoer vir hul diere.  Sy sê daar is  'n foto van elk van dié boere, sowel as 'n kort beskrywing van hul situasie. Besoekers aan die aanlynwinkel kan dan pakkette vir veevoer kies. Dié pakkette is op die konsep van bokse gegrond. Die eerste is 'n Boetie-boks wat  R700 kos waarmee drie sakke veevoer bekom kan word.  Dit kan onder meer insluit  skaapafronding of lamkruip.

Daar is 'n Pappa-boks vir vyf sakke veevoer, asook 'n Oupa-boks wat 'n hele bakkie vrag vol veevoer teen R4 200 insluit. 'n Groot boks, die Menere-boks, kos  R8 400 en dit is gemik op op maatskappye wat verkies om eenmalig 'n groot hoeveelheid veevoer aan 'n boer wat gelys is, te skenk.

Steinberg sê dit is skenkers se keuse aan wie hulle 'n "boks" wil skenk. Daardie geld in dié pakkette word dan aan 'n boer geskenk wat dan self voer by plaaslike landboubesighede kan aankoop. Die boer dan daarmee na die plaaslike kooperasie. Oranjeriviervoere, Veekos SA en Molatek het 'n premie op daardie voer wat die boer dan self aankoop.

Die boere wat nou deel is van die program is hoofsaaklik van Calvinia in die Noord-Kaap in die Hantam-gebied.  

Dit is boere wat alles in die stryd sal werp om hul diere aan die lewe te hou, sê sy.  Boere wat belangstel om hulp te ontvang kan vir Steinberg 'n e-pos na boksvoervir'nboer@gmail.com stuur. Belangstellendes kan ook dié projek se webtuiste en Facebookblad besoek. 

Steinberg sê sy is 'n kind van die Noord-Kaap en kom van die Garries-gebied af.  Sy is in Springbok gebore, en het in  Pofadder en Loeriesfontein gebly en in Calvinia gematrikuleer.  

Dit is iets wat in haar hart gegroei het en later so swaar op haar hart gedruk het dat sy dit nie later kon ignoreer nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.