On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Motorfietsryers 'voel saam' met boere, sê Bloem-sakeman

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:09 Mon, 31 Aug 2020

Motorfietsryers 'voel saam' met boere, sê Bloem-sakeman | News Article

Gemeenskappe se antagonisme jeens plaasaanvalle en voorvalle van ersntige geweld is duidelik, nadat duisende motorfietsryers in stede die afgelope naweek 'n rit daarteen onderneem het.


Die gemeenskap van motorfietsryers was byeen om hul ontevredenheid met plaasmoorde en geweld in die land te toon. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar vir elke motorfietsryer en ander betrokkenes, wat aan dié bewusmakingsveldtog deelgeneem het. Die president van VL, Francois Wilken, sê met dié insiatief lewer motorfietsryers  'n waardevolle bydrae om dié euwel, wat in baie opsigte deur sommige politici en hul ondersteuners ontken word, weer op die voorgrond te plaas. Bykans 'n duisend motorfietsryers het Saterdag ook in Langenhovenpark in Bloemfontein saamgetrek en daarna 'n rit na Hinterland in die stad onderneem. Motorfietsryers het ook Saterdag om 12:00  oor die land heen gebid. Piet van den Berg, 'n sakeman van Bloemfontein,  het aan dié plaaslike optog deelgeneem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Van den Berg sê hy het aan dié rit deelgeneem, omdat hy ook  in solidariteit met  boere is. Volgens hom moet boere weet daar is mense wat vir hulle omgee. Motorfietsryers wil daarmee bewusmaking kweek en daarom het die plaaslike groep na die landboubesigheid, Hinterland, as 'n groep gery om aan boere te toon dat hulle omgee en hulle ondersteun, sê hy.  

Hy sê daar is mense wat dink aan die boere en die situasie waarin hulle hulself bevind, "ons praat saam met hulle".  

"Ons voel saam met hulle en gee werklik om vir hulle." Gemeenskappe weet boere produseer kos vir die land en daarom moet hulle ondersteun word.  

Sy boodskap aan boere oor die land heen is dat hulle moet vasbyt.  "Ons bid vir boere en  ons staan agter hulle." Van den Berg sê daar is baie mense in stede wat boere ondersteun en hulle moet nie "worry nie, want ons sal na hulle kyk". Soos boere na gemeenskappe omsien, so ondersteun motorfietsryers die boere, en as hulle (boere) in die moeilikheid is, sal mense  in dorpe daar wees vir hulle, sê Van den Berg.

Dit was Piet van den Berg, 'n sakeman van Bloemfontein. 

Op dieselfde dag wat motorfietsryers oor die land heen byeen was teen plaasaanvalle en geweld, is 'n 63-jarige boer, Glen Rafferty en sy 60-jarige vrou, Vida van Normandien buite Newcastle Saterdagaand koelbloedig deur aanvallers op hul plaas doodgeskiet. Hul liggame is Sondagoggend buite hul plaashuis aangetref. Op ‘n veiligheidskamera wat die landelike paaie in die gebied monitor, kan gesien word hoe die egpaar kort voor die moord vanuit die dorp in die rigting van hul plaas ry. Nie lank ná die moorde nie, kan daar weer op die kameras gesien word  hoe die moordenaars in hul voertuig op ‘n ander pad van die toneel vlug. Die aanvallers het glo die veiligheidskameras by die egpaar se huis buite werking gestel. Lourie Bosman, 'n VF Plus-raadslid van die Newcastle-plaaslike munisipaliteit, sê dit is jammer dat die aanval nieteenstaande die veiligheidsmaatreëls geslaagd was. Misdaad in dié gebied is besonder hoog en die veiligheidstelsel help moontlik dat daar nie meer ernstige aanvalle voorkom nie. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.